Nuwe rigtings en doodloop strate
Sakemanne rondom Gröning
’n Selfbenoemde Gröning-bestuurder met alleenaanspraak
Uit dankbaarheid vir die genesing van sy vrou wou die sakeman Otto Meckelburg uit Wangerooge vir Bruno Gröning ondersteun en lê aan hom konkrete planne voor vir die oprigting van genesingsentra. Bruno Gröning gaan akkoord daarmee en Meckelburg word sy "bestuurder". Aan die einde van Desember gaan hulle altwee na Wangerooge. Hier spreek Gröning byeenkomste toe wat deur Meckelburg gereël is en doen ontelbare gensings. Hy gee sy volle vertroue aan die man. In 'n beëdigde verklaring wat op 8 Januarie 1950 in Wangerooge uirgereik is, lê hy die toekoms van sy werk heeltemal in die hande van Meckelburg:
"Mnr Gröning verklaar sy ooreenstemming met hierdie planne van mnr Meckelburg en is verplig om sy persoon tot die bereiking van hierdie doel ten volle beskikbaar te stel. Hysal alles in sy vermoë doen om die nodige ondersteuning te verleen aan Meckelburg by die stigting van die vereniging en die daaropvolgende aktiwiteite daarvan.
Mnr Gröning neem hierdie verantwoordelikheid in die teenwoordigheid nie alleen van mnr Meckelburg persoonlik nie, maar ook in die teenwoordigheid van diegene betrokke by die stigting van die vereniging met bogemelde doelstellings.
Verder verbind mnr Gröning hom daartoe om hierdie ondersteuning aan geen ander persoon of groep te verleen nie. Hy sal sy aktiwiteite beperk tot voordeel van die vereniging en slegs in ooreenstemming met mnr Meckelburg."
Reeds in Januarie stig Meckelburg die Vereniging vir die navorsing van die genesingsmetodes van Gröning. Hy self word besturende direkteur teen 'n maandelikse salaris van 1000 DM. Bruno Gröning ontvang geen geld nie. Dit blyk dat Meckelburg sy belofte nie nakom nie. Hy sien Gröning slegs as 'n bron van geld en verwys spottend na hom as die "beste perd in die stal." Vir die siekes voel hy vere. Hy het Gröning met 'n kontrak aan hom verbind en die "wonderhelper" moes doen wat hy van hom verlang.
Eers teen Junie 1950 kon Gröning homself van Meckelburg bevry, waarop laasgenoemde wraak gesweer het: "Gröning sal ek nog vernietig, ek breek elke been in syliggaam."
’n Alternatiewe geneser met voordragaanbiedings
Hierna werk Gröning 'n paar maande lank saam met die Münchense alternatiewe geneser Eugen Enderlin. Laasgenoemde het by dieTraberhof genesing ontvang en nooi Bruno Gröning uit om in sy praktyk voordragte te hou. Dog ook Enderlin blyk 'n besigheidsmaker te wees. Dit het nie vir hom gegaan om te help nie, hy wou net uit die "fenomeen Gröning" geldmaak. Teen die einde van die jaar skei Gröning ook van hom en ook 'n daaropvolgende vennootskap van 1952/53 loop ten einde om dieselfde redes.
’n Loopbaan as alternatiewe geneser
In die tyd wat hierop volg, hou Gröning voordragte in die pension Weikersheim in Gräfelfing. Die joernalis dr. Kurt Trampler het hom ingeneem en die byeenkomste georganiseer. Hy het Gröning reeds geken sedert herfs 1949. Destyds was hy verslaggewer van 'n Münchense koerant wat na die Traberhof gekom het en onverwags genesing ontvang het van 'n beenkwaal. Uit dankbaarheid skryf hy die boek Die groot ommekeer en tree namens Gröning by die owerhede op. Net soos by Enderlin is die voordragte in Gräfelfing goed bygewoon. Ongelooflike genesings het plaasgevind. Dog ook die verbinding met Trampler was van korte duur. Op 'n dag het hy gedink dat hy nou genoeg van Gröning geleer het. Hy het van hom weggebreek en begin om selfstandig as alternatiewe geneser op te tree.