Loopbaan en besondere stadiums in sy lewe
Voorbereiding vir latere werk
Gedwonge en afgebroke leerjare
Nadat hy in die laerskool tot by die vyfde klas gevorder het, begin Bruno Gröning met handelsopleiding. Op aandrang van sy vader moes hy dit egter na twee en 'n half jaar staak. Die messelaar wou dat sy seun eerder 'n vak in die boubedryf moes leer. Hy laat hom dus oplei as timmerman maar ook hier kom dit nooit tot 'n kwalifikasie nie. Die naoorlogse ekonomiese verwarring sou dit nie toelaat nie. Drie maande voor die beëindiging van sy studietyd moes die firma by wie hy studeer het, sluit weens gebrek aan opdragte. In die daaropvolgende tyd leef hy van die mees verskillende werksaamhede. Egon Arthur Schmidt skryf oor hierdie tyd:
"Elke werk wat hy aangepak het, was ’nsukses"
"Verskeie kollegas van hom het my vertel dat 'n besondere kenmerk van hom was dat alles wat hy aangepak het, suksesvol was, of dit nou horlosies of radios was wat hy reggemaak het of as metaalwerker werksaam was. Hy het 'n besondere aanleg vir tegniese goed gehad. Hy was ook nie bang om die grofste en liggaamlik swaarste werk te doen nie. As hawe-arbeider het hy dieselfde swaar werk gedoen as enige van sy medewerkers. Daarvan het hy geen geheim gemaak nie, dit het immers gehoort by die pad wat deur die dieptes loop om die hoogtes te bereik. 'n Ou Chinese spreekwoord lui: 'Wie nooit deur die moeras gaan nie, kan geen heilige word nie.' Daar is genoeg getuienis van vroeëre metgeselle, waarvan een my eers onlangs bereik het en waarin dit eenvoudig en sonder omhaal staan dat die skrywer, nadat hy vir 'n jaar saam met hom gewerk het, Bruno Gröning onthou het as die bes denkbare en fatsoenlikste kameraad wat hy ooit gehad het."
Huwelik en familie lotgevalle
Op 21 jaar het hy getrou. Sy vrou het egter geen begrip vir hom gehad nie. Sy wou hom in die bekrompenheid van 'n burgerlike familielewe dwing en het die genesings afgemaak as onsin. Die seuns Harald en Günter wat in 1931 en 1939 gebore is, sterf albei op negejarige leeftyd. Alhoewel talle mense reeds genesing deur Bruno Gröning ervaar het, het Gertrud Gröning nie in die genesende krag van haar man geglo nie. Sy het die kinders nie aan hom toevertrou nie maar eerder aan die dokters. Konvensionele mediese behandeling kon hulle egter nie help nie. Die twee seuns is in die hospitaal oorlede, Harald in 1940 in Danzig en Günter in 1949 in Dillenburg. Vir Bruno Gröning was dit swaar slae. Selfs jare daarna was daar nog trane in sy oë as hy oor sy seuns praat.
So was die tyd tussen die twee wêreldoorloë vir hom 'n voorbereiding op sy latere werk. Hy moes menige bittere ervaring meemaak om die mens op alle vlakke van die lewe te kan verstaan en meegevoel met hulle nood te kon hê.
Help in plaas van skiet – aan die front en in krygsgevangenskap
In die tweede wêreldoorlog word hy in 1943 opgeroep in die leër. Daar het dit tot wrywing gekom met sy meerderes. Weens sy weiering om mense te skiet is hy met die krygshof gedreig. Op die ou end moes hy tog na die front. Hy is gewond, was 'n Russiese krygsgevangene en kom aan die einde van 1945 as staatlose na Wes-Duitsland.
Bruno Gröning se gedrag in die oorlogtyd is gekenmerk deur sy begeerte om te help. Selfs aan die front benut hy elke geleentheid om tot diens te wees van sy kamerade of die burgerlike bevolking.
In 'n Russiese dorp gee hy aan die hongersnood bedreigde mense toegang tot die leër se kosvoorrade. Ten tye van sy gevangeskap beywer hy hom om vir sy kamerade beter klerasie, beter kos en beter verblyf te kry. Talle mense wat aan die gevolge van hongersnood gely het, help hy tot genesing. In die verskrikking van die oorlog het hy niemand gedood nie maar tallose gehelp.
Huwelikskeiding en toewyding aan alle mense
In Desember 1945 word hy uit gevangenskap vrygelaat en begin 'n nuwe bestaan in Dillenburg in die provinse Hessen en bring sy gesin saam. Nadat die tweede seun egter ook oorlede is en sy vrou hom wou verbied om sy helpende werk voort te sit, is hy van haar geskei. Hy het hom verplig gevoel om die genesende kragte waaroor hy beskik het aan die mense beskikbaar te maak. Hy het gesê: "Ek behoort nie aan enkeles nie, ek behoort aan die mensdom."
Aan die begin van 1949 voer sy weg na die Ruhrgebied. Deur berigte oor enkele genesings kom meer en meer mense van Bruno Gröning te hore. Hy trek van huis tot huis, steeds daarheen waar hy nodig was, waar siekes hom om hulp vra. So werk hy in 'n beperkte omgewing totdat hy in Maart 1949 die uitnodiging van 'n ingenieur uit Herford aanvaar om dié se seun te besoek.