Die groot hofsaak (1955-1957)

Aanklag van onopsetlike manslag en vryspraak met finale genesingsverbod

Bruno Grönings groot hofsaakOp 4 Maart 1955 het die staatsaanklaer 'n nuwe klag teen Bruno Gröning gelê. Weer is hy daarvan beskuldig dat hy die wet op alternatiewe genesing verbreek het. 'n Verdere aanklag was dat hy deur nalatigheid die dood van iemand veroorsaak het.

Gröning weerspreek die veronderstelde genesingsbelofte en die verbod op doktersbehandeling

Nadat die dagvaarding op hom bestel is, het hy hom tot sy vriende gewend: "My liewe vriende, In hierdie dae het die hele pers en die radio min of meer bekendgemaak dat die staatsaanklagkantoor II van München 'n saak teen my gemaak het as sou ek weens nalatigheid die dood van iemand veroorsaak het. Ek sou 'n sewentienjarige meisie wat aan tering gely het teen einde 1949 genesing belowe het en haar verhinder het om na 'n sanatorium te gaan en 'n dokter te gaan sien. Ek is glo skuldig aan die dood van hierdie meisie. Wie met helder verstand hierdie verklarings gelees het of gehoor het, sou herken het wat daarmee bedoel word: Om verwarring onder my vriende te saai en alle hulpsoekendes daarvan te weerhou om enigsins nader aan die strewe en kennis te kom wat ek verkondig het. Met alle middele word probeer om myself en die Gröning verbond sowel as julle aktiwiteitean bande te lê. Vanselfsprekend is dinge anders as wat hier voorgestel word! Ek hoef geen verduideliking aan my vriende te gee nie, hulle weet dat ek nooit enige 'genesingsbelofte' maak nie en nooit iemand afraai om doktersbehandeling te ondergaan nie."

Merkwaardige laat voorlegging van die ondersoeke

Gröning vêrder aan sy vriende: "Ek is in 1952 vrygespreek. Is dit nie eienaardig dat die "geval Kuhfuss" wat reeds aan die einde 1949, begin 1950 voorgekom het, destyds nie in die saak van 1951/1952 voorgelê is nie, al was alle dokumente daarvoor reeds voorberei en ter tafel gelê! Is dit nie opvallend dat die nuwe aanklagte teen my presies saamval met die tydstip waarop dit bekend gemaak is dat op 22 November 1953 in Murnau die Gröning verbond gestig is nie! Sedert Januarie 1954 is naamlik talle gemeenskapsleiers en vriende sowel as lede van die vereniging deur die polisie ondervra en dopgehou."

Vryspraak getuies weggewys, teengetuies welkom

Die voorbereiding van die saak het oor twee jaar gestrek. Bruno Gröning se verdediging is heelwat in die wiele gery. Omtrent allegetuies wat vir hom kon getuig is verbied, terwyl getuies vir die staat almal toegelaat is. Onder hulle was ook twee voormalige medewerkers van Gröning: Eugen Enderlin en Otto Meckelburg. In die besonder Meckelburg - in die eerste saak nog mede-aangeklaagde - het nou skerp teen Gröning gedraai. Hy het alles in sy vermoë gedoen om hom skade aan te doen. In die aanklag van dood deur nalatigheid het hy 'n beduidende rol gespeel. Dit was 'n geval wat afgespeel het in die tyd toe Meckelburg as "bestuurder" vir Gröning opgetree het.

Die gemanipuleerde geval van Ruth Kuhfuss

In November 1949 was die bankamptenaar Emil Kuhfuss met sy sewentienjarige dogter Ruth wat aan tuberkulose in albei longe gely het, by een van Bruno Gröning se voordragte. Gröning het dadelik besef dat niks meer vir die meisie gedoen kon word nie en dit ook aan 'n dokter wat teenwoordig was, genoem. Meckelburg het egter heftig aangedring dat Bruno Gröning die geval moes behandel. Na die voordrag was daar gevolglik 'n persoonlike ontmoeting tussen Bruno Gröning en Ruth Kuhfuss. Gröning het die sieke moed ingepraat en die vader versoek om 'n ondersoek deur 'n spesialis te laat doen na nege dae. Hy wou daarmee bewerkstellig dat die meisie weer onder mediese toesig kon kom aangesien sy niks meer van dokters wou weet nie. Die vader het verseker dat hy dit sou doen.

Korrespondensie wat daarna plaasgevind het is deur Meckelburg gehanteer en het nooit by Bruno Gröning uitgekom nie. Eers in Mei 1950 het hy weer van Ruth Kuhfuss gehoor. Die vader het intussen heelwat versoekbriewe om hulp aan Gröning gerig en om 'n besoek gesmeek. Meckelburg het die briewe egter nooit aangestuur nie maar op eie houtjie en sonder Gröning se medewete, 'n afspraak met Kuhfuss gemaak. Eers kort voor die afspraak het hy vir Gröning ingelig en hom gedwing om saam te kom.

Later het Meckelburg beweer dat Bruno Gröning aan die meisie 'n genesingsbelofte gemaak het. In der waarheid was dit Meckelburg self wat die vader verseker het dat hy Gröning so ver sou kry om sy dogter te genees. Meckelburg het in die bankamptenaar 'n goeie geldbron gesien wat hy kon melk, dog daarvoor het hy Gröning nodig gehad. Kort na hierdie besoek het Gröning hom van Meckelburg gedistansieer.

'n Erger aanklag wat teen Bruno Gröning gemaak is, was dat hy Ruth Kuhfuss verbied het om doktersbehandeling te ontvang. Daarteenoor staan egter die feit - en dit is deur getuies bevestig - dat hy die meisie reeds by die eerste ontmoeting na 'n dokter gestuur het. Ook in 'n radiopraatjie in die herfs van 1949 het hy die mense opgeroep om "hulle tot die einde aan 'n na-ondersoek deur 'n dokter te onderwerp". Hy het hulpsoekers steeds aangeraai om vertroue in hulle dokters te hê.

Ruth Kuhfuss, wat reeds 'n paar pynlike en onsuksesvolle behandelings agter die rug gehad het, het steeds geweier om verdere behandeling te ondergaan. Op 30 Desember 1950 sterf sy aan die gevolge van haar siekte.

Mediese sertifisering bevestig genesing hopeloos

Uit 'n mediese oogpunt het dr. med Otto Freihofer in 'n verklaring as deskundige getuie die geval Ruth Kuhfuss toegelig: "By nugtere ondersoek moet elke leek tot die oortuiging kom dat 'n genesing in die lig van die 'baie ernstige toestand' wat volgens doktersbevinding 'lewensbedreigend' was, menslik gesien buite die kwessie was. Dit is bevestig deur die gesondheidsowerhede van Säckingen. Net so sou elke eerlike regdenkende dokter in besit van die nuutste medisyne, en nie te selfvoldaan om te dink dat hy die kragte van die natuur kan ignoreer nie, met die deskundige getuienis van Prof Lydtin van München moes saamstem dat voor 5 November 1949 'daar nie 'n hoë waarskynlikheid vir genesing was nie.' Dit is in my opinie meer as wonderlik dat die pasiënt hoegenaamd nog tot 30 Desember 1950 aan die lewe kon bly. Die invloed van Gröning kon dus tog 'n mate van lewensverlenging gehad het. Samevattend wil ek dus my getuienis daarmee afsluit dat die idees dat: 'daar 'n vooruitsig van genesing was', 'of 'dat die lewenstyd van die pasiënt Kuhfuss nog verleng sou kon word as mnr Gröning nie in die nabyheid was nie' nòg met sekerheid voorspelbaar, nòg geregverdig is."

Mislukte regsuitspraak 

Einde Julie 1957 het die saak toe voorgekom in die Münchense distrikshof. Onder die aanklag van dood deur nalatigheid is Bruno Gröning vrygespreek. Onder die aanklag van verbreking van die wet op alternatiewe genesing is 'n boete van 2000 DM opgelê.

Alhoewel die uitspraak by eerste oogopslag positief voorkom, was dit vir Gröning onaanvaarbaar. Dit het effektief neergekom op 'n finale verbod op sy werk. Deur 'n oordeelsfout van sy prokureur, wat die vonnis heelwat meer positief beskou het as Gröning self, appelleer nie hy nie, maar wel die staatsaanklaer. Die tweede saak het in die middel van 1958 weer in München plaasgevind.

Dokumentarfilm

Documentaire:
"Het fenomeen
Bruno Gröning"

Data filmvoorstellingen in vele steden wereldwijd

Grete Häusler-Verlag

Grete Häusler uitgeverij: Een grote keus uit boeken, tijdschriften, CD’s, DVD’s en kalenders

fwd

Wetenschappers aan het woord: Interessante aspecten van de leer van Bruno Gröning