Die eerste hofsaak oor die genesingsverbod (1951-1952)
Is Bruno Gröning se werking genesingspraktyk in die mediese sin?
Aanklag weens verbode uitoefening van geneeskunde
In 1951/52 staan Bruno Gröning in München vir die eerste keer in die hof, aangekla van verbode uitoefening van genesing. Waar die Beierse ministerie van binnelandse sake voorheen sy doen en late as 'n liefdestaak beskou het, word dit nou as genesing in die mediese sin beoordeel. Die aanklag het berus op die wet op alternatiewe geneeskunde van 1939 wat die vryheid van genesers wat tot daardie tyd gegeld het, verwyder het en in die hande van die nasionaal-sosialistiese (Nazi) dokters geplaas het.
Die ja en nee van die oortreding teen die alternatiewe genesingswet
Bruno Gröning is op die eerste sowel as die tweede verhoor vrygespreek. Die voorsitter van die streekhof in München het in sy uitspraak van Maart 1952 verklaar:
"Die hof vind dit nie toepaslik om die beskuldigde te veroordeel op die basis van eensydige deskundige getuienis nie. Of die aktiwiteite van Gröning onder die wet op alternatiewe geneeskunde val is twyfelagtig omdat dit onder iets ressorteer waarvan ons vandag heeltemal te min kennis het."
In die appèl is die uitspraak van onskuldig voorbehou maar die aktiwiteite van Gröning is duidelik gedefinieer as synde geneespraktyk onder die wet op alternatiewe geneeskunde:
"Die aangeklaagde het dus sonder permit en sonder om 'n dokter te wees, diagnose, genesing en verligting van siektes, lyding of fisiese skade by mense toegepas, wat onder die wet as genesende aktiwiteit beskryf kan word.[…]"
Eerlike fout ooreenstemmend met genesingsverbod
Die uitspraak verder: "Die aangeklaagde kan egter nie veroordeel word nie omdat hy weens die objektiewe aard van geneespraktyk 'n eerlike oordeelsfout begaan het en dus nie met voorbedagte rade opgetree het nie."
Omdat die eerlike oordeelsfout wat Bruno Gröning sou gemaak het, in die uitspraak genoem is, was dit ten spyte van die onskuldig bevinding 'n effektiewe verbod op sy geneespraktyk. Van hierdie tydstip af het Bruno Gröning geweet dat sy aktiwiteite sou ressorteer onder die geneespraktyk soos vervat in die wet op alternatiewe geneeskunde en dus verbied sou wees. Die werklike inhoud van sy werk wat demonstreer dat sy werksmetode niks te doen gehad het met geneespraktyk in diemediese sin nie, is nie erken nie.