Eerstehandse getuie berig
Genesing van hardlywigheid en embolisme – "Die gebeure was dié storie van die dorp"
Terwyl hulpsoekers by die Wilhelmsplatz op Bruno Gröning gewag het, het gebeurtenisse elders plaasgevind soos die volgende:
Die dokters het die moeder van ons eerstehandse getuie opgegee. Ses weke lank was daar geen stoelgang nie. Alle mediese inspannings soos enemas, lakseermiddels ens. was sonder sukses. Daarby was daar ook 'n embolisme.
Eerstehandse getuie: "Ons, d.w.s. almal in die familie was raadop. Ons het na elke strooihalm gegryp om tog hulp en genesing vir ons moeder te kry. Onder hierdie omstandighede kom ons toe te hore dat Bruno Gröning hier in Herford in Wittekindstraat by 'n ernstig sieke was. Ek was dadelik op pad. Daar was al ongeveer 20 ander mense teenwoordig wat ook almal hulp gesoek het. Toe ek hom groet sê Bruno Gröning aan my: "Gaan in die kombuis, vanaand gaan ek saam na u moeder." Hoe hy geweet het dat ek namens my moeder gekom het, weet ek nie. Ek het hom niks vertel nie.
Terwyl ek in die kombuis gewag het, het die volgende gebeur: Intussen kom 'n moeder met haar kind. Die kind ('n meisietjie) het erg kinkhoes gehad. Ons het die verskriklike gehoes al van ver af gehoor. Die kind is saam met haar moeder by ons in die kombuis gebring. Bruno Gröning streel die kind liefdevol oor die hare. Terwyl hy hom na die moeder wend, sê hy: 'Let op u kind wantbinne 'n kwartier sal sy geel slym opbring.' Daarop verlaat hy weer die kombuis om na ander om te sien. Skielik begin die kind te stik. Ek kon haar nog net betyds gryp en bo die steenkoolkas hou waar sy begin opgooi het. So'n braking het ek my lewe nog nooit gesien nie. Later sê Bruno Gröning vir die moeder "Die kind is gesond..." Hulle het weggegaan en die meisietjie het nie meer gehoes nie.
Om middernag het ons toe vertrek na my moeder in Bielefeld. Tydens die reis sê Bruno Gröning dat ek nie bekommerd moes wees nie want die genesende krag kom van God. Die mens moet in die goeie glo. Verder deel hy my mee dat hy nou reeds tydens die rit besig was met my moeder, ja geestelik sy aandag op haar gevestig het.
Toe ons in my moeder se slaapkamer kom, gaan Bruno Gröning by haar op die bed sit. Tot my groot vreugde sien ek dat haar oë al wesenlik helder was. Haar buik was egter nog opgeswel soos 'n vaatjie. Bruno Gröning praat toe met haar en ek sien hoe die lewensvreugde weer na my moeder terugkeer. Haar hart het oopgestaan vir Bruno Gröning, sy het in hom geglo. Bruno Gröning vra toe om 'n glas water vir my moeder en sê dat dit haar sou goeddoen. Ek gaan haal vars water by die kraan op die erf en my moeder drink dit. Hom tot my vader wendend sê Bruno Gröning: "Let op die stoelgang en urine van u vrou. U sal verbaas wees hoe alles loskom en wat daar alles sal uitkom." My vader vra toe wat hy hom skuld. Bruno Gröning sê egter slegs: "Ons moet God die Heer bedank en in die vorm van 'n dankskrywe vertel wat ons beleef het."
Die volgende dag begin die gerommel toe in my moeder se buik. Vader het gesê dat sy wel sewe bakke vol kon kwytgeraak het. Twee later staan my moeder op, volkome genees. Daarna is haar spatare en bloedvinte aan die bene ook sonder mediese toedoen genees. Die dokter onder wie se behandeling sy was, was sprakeloos. Die gebeurtenis was dié storie van die dorp.
Toe ek in Bruno Gröning se oë kyk, het ek geweet: Daar staan 'n gelowige! Hy het 'n unieke uitstraling gehad. As iemand van te vore so'n ervaring aan my sou vertel het, sou ek gedink het: 'Kom nou, hy droom!' 'n Mens moet soiets eers self beleef voor jy dit glo. Hierdie gebeurtenis was vir my 'n belewenis enig van sy soort."