Die "fenomeen Gröning" en die wetenskap
Mediese toetse in Heidelberg belowe skriftelike sertifisering
In hierdie Herfordse tyd begin mediese medewerkers van die tydskrif Revue om Gröning se genesingswelslae te ondersoek. Prof. dr. H. G. Fischer, sielkundige en medikus van Marburg, reis met 'n aantal spesiale korrespondente na Herford. Daar voer hy onderhoude met mense wat genees is en moes tot sy verrassing vasstel dat Gröning se "metode" inderdaad suksesvol was. Daarop besluit die Revue om saam te werk om 'n wetenskaplike verklaring te probeer kry van die "fenomeen Gröning." In die universiteitskliniek te Heidelberg moes die "geneesmetode" van die "wonderdokter" ondersoek word.
Bruno Gröning gaan akkoord met die voorstelle van Fischer want hy word 'n positiewe getuigskrif belowe as die ondersoeke goed afloop. Gröning het gehoop om hierdeur 'n manier te vind om sy werk weer vrylik te kan doen.
Genesings voor die oë van die dokters – "Bruno Gröning is geen kwaksalwer nie"
Op 27 Julie begin die ondersoeke. Die persone op wie hy sy vermoë moet bewys, word gekies uit oor die 80 000 siekes wat smeekbriewe aan hom geskryf het. Daarby kom nog 'n paar pasiënte van die LudolfKrehl kliniek in Heidelberg. Hulle word almal sorgvuldig ondersoek voor die tyd en noukeurige diagnoses word opgestel. Daarna gaan hulle na Gröning wat sy "metode" op hulle moet toepas. Daar was die hele tyd dokters teenwoordig. Hulle word getuies daarvan hoe siektes gedeeltelik spontaan verdwyn. Dit word na die tyd deur ondersoeke in die kliniek bevestig. Selfs ongeneesbare siektes soos Bechterewse siekte word genees.
In die getuigskrif wat in die Revue verskyn, verklaar Prof. dr. Fischer uitdruklik dat Bruno Gröning geen kwaksalwer is nie maar op 'n natuurlike manier 'n begaafde sielkundige is. Daardeur probeer hy om die "fenomeen Gröning" vanuit sy sienswyse te verklaar sonder om billik te wees teenoor hom.
Gröning weier kommersialisering
Die finale sertifikaat sou opgestel word nadat al die gebeurtenisse ondersoek is. Bruno Gröning is belowe dat hy sy genesende vermoë weer vrylik sou kon toepas. Intussen maak die professore Fischer en Weizsäcker (onder wie se beskerming die hele onderneming gestaan het) aan Bruno Gröning die volgende voorstel: Spesiale genesingsentra sou opgerig word waar hy saam met dokters moes werk. Leiding en keuse van pasiënte sou hulle egter vir hulself voorbehou.
Hierop Bruno Gröning se antwoord: "Die finansiële voorwaardes wat in hierdie verband deur Prof. F. aan my gemaak is, was vir my onaanvaarbaar. Natuurlik is heelwat besprekings hieroor gevoer, ook met mense wat die werk wou finansier. Ek kon my nie met die voorstelle van Prof. F vereenselwig nie en het dit van die hand gewys omdat ek eerstens nie oor 'n enkele pennie geld beskik het nie en dus ook geen finansiële verpligting op my kon neem wat ek nie sou kon nakom nie; en tweedens nooit daaraan sou dink om 'n besigheid uit hierdie plan te maak nie. Dit was dus alles vir my 'n onmoontlike versoek. Buitendien wou ek net dit doen waartoe ek geroepe was: om hulpsoekers te help en my dus tot die beskikking van dokters en psigoterapeute te stel maar nooit daaruit 'n besigheid te maak nie."
Weerhouding van die sertifikaat en potensiële konflik met die wet
Die weiering van Bruno Gröning maak dat die professore belangstelling in hom verloor. Die beloofde sertifikaat word nooit gelewer nie. In plaas daarvan om dit vir hom moontlik te maak om sy werk vrylik voort te sit, word dit vir hom nog moeiliker gemaak. Tydens die ondersoeke word begrippe soos "behandeling", "pasiënt" ens. aan sy "geneesmetode" toegevoeg. Hierdeur was konflik met die wet op alternatiewe geneespraktyk natuurlik 'n uitgemaakte saak.
1949 - in die middelpunt van openbare belangstelling
Bruno Gröning se werk in Herford
Duisende siekes en hulpsoekers oorlaai Gröning
Die negejarige Dieter Hülsmann was reeds geruime tyd bedlêend. Hy het aan progressiewe spierdistrofie gely en nie een van die dokters en professore wat geraadpleeg is kon hom help nie. Nadat Bruno Gröning hom oor die kind ontferm het, kon hy weer loop. Ingenieur Hülsmann, oorweldig deur die skielike genesing van sy seun, vra die gas om aan te bly. Hy wou nog ander siekes uitnooi wat – volgens Hülsmann - deur die "wonderman" gehelp moes word. Bruno Gröning neem die aanbod aan en van dag tot dag kom meer en meer hulpsoekers. Meer en meer mense hoor van die wondergebeurtenisse rondom Gröning. Dit duur nie lank nie, of sy naam is op almal se lippe. Koerante berig oor die "wonderdokter" en in die Britse sone word dit 'n daaglikse besprekingspunt. Duisende stroom na die Wilhelmsplatz en die mensemassa pak die huis toe.
Manfred Lütgenhorst van die koerant Münchner Merkur skryf op 24 Junie1949 onder andere: "Toe ek die oggend om 10:30 in Herford aankom, staan daar voor die tweeverdieping huis op die Wilhelmsplatz omtrent 'n duisend mense. Dit was 'n onbeskryflike beeld van ellende. Tallose verlamdes in rystoele, ander wat deur hulle familie gedra word, blindes, doofstommes, moeders met geestelik en fisies gestremde kinders, oumatjies en jongmans, almal drom saam en kreun. Bykans honderd motors, vragmotors en busse was op die plein geparkeer, almal het van heinde en verre gekom."
Verlammings, maagsere, blindheid: "Mnr. Gröning kyk my aan en nou is ek weer ten volle genees."
Manfred Lütgenhorst verder: " 'Glo julle dat julle genees gaan word?' vra ek aan die siekes. Hulle knik. 'Jy moes gister hier gewees het', antwoord een. 'Mnr Gröning was nie hier nie maar in Viersen in die Rynland, en hier voor die huis het vyf verlamdes opgestaan en gesond huistoe gegaan. Afstandsgenesing - die huis het hulle genees.' Die ander siekes bevestig dit.
Ek gaan verder deur die skare en skryf hulle wonderlike vertellings neer. Dit alleen is genoeg om 'n boek vol te maak. Toe ek 'n sigaret aansteek, sê 'n jongman langs my: 'Verkoop asseblief vir my een!' Hy dra 'n uniformjas en lyk soos 'n teruggekeerde uit Rusland. Ek gee hom die sigaret. Hy steek dit aan en sê: 'Sien jy, ek kan alles weer self doen.' Hy beweeg sy regterarms en vingers en sy regterbeen. 'Is jy ook deur Gröning genees?' vra ek. 'Ja, in Rusland het ek verlamming aan die regterkant opgedoen. Mnr Gröning het my aangekyk en nou is ekweer volkome gesond, ek kan dit nog nie glo nie.' Vrolik swaai hy sy ledemate rond.
Ek loop na 'n groep wat om 'n blonde vrou van ongeveer veertig jaar geskaar is. 'Natuurlik', hoor ek die vrou sê, 'is ek ook deur mnr Gröning genees. Ek het enorme maagsere gehad, het al maerder geword en kon van die pyn nie meer slaap nie. Ons was twaalf persone by Gröning. [...] Hy het my aangekyk en skielik was dit asof die maagsere soos klippe na die grond val. Sedertdien het ek geen pyn meer nie, het begin om gewig aan te sit en die X-strale wat ek laat neem het, wys onteenseglik dat die maagsere verdwyn het. Ek het my beskikbaar gestel vir 'n mediese ondersoekkomitee. Ek kan julle verseker dat hulle stomgeslaan was!'
Die vrou gaan voort: 'Maar dis nog niks. Die vorige week staan hier 'n blinde man voor die huis. Hy het 'n paar dae en nagte aanmekaar gewag. Omdat ek dikwels hier verbykom, het dit my opgeval. Ek het hom jammer gekry en hom uitgenooi vir ete. 'Nee', wys hy dit van die hand, 'Ek mag die oomblik nie misloop wanneer mnr Gröning hier uitkom nie.' Toe bring ek vir hom broodrolletjies en sê vir hom dat ek sal sorg dat hy na die stasie geneem word. 'Ek het niemand nodig nie want ek sal alleen na die stasie kan stap.' En toe sien ek dit my eie oë. Mnr Gröning kom en die jongman skree 'Ek kan weer sien!' Werklikwaar, die sluier is van sy oë gelig. Hy beskryf aan my die aktetas wat ek in die hand het. Hy sê: 'Daar ry 'n motor, en daar is die nommerplaat', en op sy eie kry hy die pad na die stasie. Al dieomstanders het van vreugde gehuil."
Genesingsverbod deur die owerhede en die medici
Dit duur nie lank nie, of die owerheid - veral die gesondheidsowerhede - begin hulle met die saak bemoei. 'n Ondersoekkommissie word opgestel en Bruno Gröning word verbied om genesing te doen. 'n Paar invloedryke dokters was sy verklaarde vyande. Hulle doen alles in hul vermoë om sy werk in die wiele te ry en eis dat sy genesende vermoë aan wetenskaplike toetsing onderwerp word. Die werklike gesindheid wat agter die genesingsverbod geskuil het, word duidelik uit die volgende uitsprake van die betrokke medici: " Gröning kan bewys wat hy wil, hy sal nie toegelaat word om genesing te doen nie." "Dit druis in teen die professionaliteit van dokters, om hulle met Gröning in te laat." Aan die einde van Junie moes hy Herford finaal verlaat. Alle pogings om die genesingsverbod opgehef te kry het skipbreuk gely.
Loopbaan en besondere stadiums in sy lewe
Voorbereiding vir latere werk
Gedwonge en afgebroke leerjare
Nadat hy in die laerskool tot by die vyfde klas gevorder het, begin Bruno Gröning met handelsopleiding. Op aandrang van sy vader moes hy dit egter na twee en 'n half jaar staak. Die messelaar wou dat sy seun eerder 'n vak in die boubedryf moes leer. Hy laat hom dus oplei as timmerman maar ook hier kom dit nooit tot 'n kwalifikasie nie. Die naoorlogse ekonomiese verwarring sou dit nie toelaat nie. Drie maande voor die beëindiging van sy studietyd moes die firma by wie hy studeer het, sluit weens gebrek aan opdragte. In die daaropvolgende tyd leef hy van die mees verskillende werksaamhede. Egon Arthur Schmidt skryf oor hierdie tyd:
"Elke werk wat hy aangepak het, was ’nsukses"
"Verskeie kollegas van hom het my vertel dat 'n besondere kenmerk van hom was dat alles wat hy aangepak het, suksesvol was, of dit nou horlosies of radios was wat hy reggemaak het of as metaalwerker werksaam was. Hy het 'n besondere aanleg vir tegniese goed gehad. Hy was ook nie bang om die grofste en liggaamlik swaarste werk te doen nie. As hawe-arbeider het hy dieselfde swaar werk gedoen as enige van sy medewerkers. Daarvan het hy geen geheim gemaak nie, dit het immers gehoort by die pad wat deur die dieptes loop om die hoogtes te bereik. 'n Ou Chinese spreekwoord lui: 'Wie nooit deur die moeras gaan nie, kan geen heilige word nie.' Daar is genoeg getuienis van vroeëre metgeselle, waarvan een my eers onlangs bereik het en waarin dit eenvoudig en sonder omhaal staan dat die skrywer, nadat hy vir 'n jaar saam met hom gewerk het, Bruno Gröning onthou het as die bes denkbare en fatsoenlikste kameraad wat hy ooit gehad het."
Huwelik en familie lotgevalle
Op 21 jaar het hy getrou. Sy vrou het egter geen begrip vir hom gehad nie. Sy wou hom in die bekrompenheid van 'n burgerlike familielewe dwing en het die genesings afgemaak as onsin. Die seuns Harald en Günter wat in 1931 en 1939 gebore is, sterf albei op negejarige leeftyd. Alhoewel talle mense reeds genesing deur Bruno Gröning ervaar het, het Gertrud Gröning nie in die genesende krag van haar man geglo nie. Sy het die kinders nie aan hom toevertrou nie maar eerder aan die dokters. Konvensionele mediese behandeling kon hulle egter nie help nie. Die twee seuns is in die hospitaal oorlede, Harald in 1940 in Danzig en Günter in 1949 in Dillenburg. Vir Bruno Gröning was dit swaar slae. Selfs jare daarna was daar nog trane in sy oë as hy oor sy seuns praat.
So was die tyd tussen die twee wêreldoorloë vir hom 'n voorbereiding op sy latere werk. Hy moes menige bittere ervaring meemaak om die mens op alle vlakke van die lewe te kan verstaan en meegevoel met hulle nood te kon hê.
Help in plaas van skiet – aan die front en in krygsgevangenskap
In die tweede wêreldoorlog word hy in 1943 opgeroep in die leër. Daar het dit tot wrywing gekom met sy meerderes. Weens sy weiering om mense te skiet is hy met die krygshof gedreig. Op die ou end moes hy tog na die front. Hy is gewond, was 'n Russiese krygsgevangene en kom aan die einde van 1945 as staatlose na Wes-Duitsland.
Bruno Gröning se gedrag in die oorlogtyd is gekenmerk deur sy begeerte om te help. Selfs aan die front benut hy elke geleentheid om tot diens te wees van sy kamerade of die burgerlike bevolking.
In 'n Russiese dorp gee hy aan die hongersnood bedreigde mense toegang tot die leër se kosvoorrade. Ten tye van sy gevangeskap beywer hy hom om vir sy kamerade beter klerasie, beter kos en beter verblyf te kry. Talle mense wat aan die gevolge van hongersnood gely het, help hy tot genesing. In die verskrikking van die oorlog het hy niemand gedood nie maar tallose gehelp.
Huwelikskeiding en toewyding aan alle mense
In Desember 1945 word hy uit gevangenskap vrygelaat en begin 'n nuwe bestaan in Dillenburg in die provinse Hessen en bring sy gesin saam. Nadat die tweede seun egter ook oorlede is en sy vrou hom wou verbied om sy helpende werk voort te sit, is hy van haar geskei. Hy het hom verplig gevoel om die genesende kragte waaroor hy beskik het aan die mense beskikbaar te maak. Hy het gesê: "Ek behoort nie aan enkeles nie, ek behoort aan die mensdom."
Aan die begin van 1949 voer sy weg na die Ruhrgebied. Deur berigte oor enkele genesings kom meer en meer mense van Bruno Gröning te hore. Hy trek van huis tot huis, steeds daarheen waar hy nodig was, waar siekes hom om hulp vra. So werk hy in 'n beperkte omgewing totdat hy in Maart 1949 die uitnodiging van 'n ingenieur uit Herford aanvaar om dié se seun te besoek.
Kindertyd en jeug
Gestraf, bespot, misverstaan, beskou as 'n kind anders as die ander
Ontvlugting uit 'n hartelose omgewing na die natuur: "Hier het ek God ervaar."
Bruno Gröning is op 31 Mei 1906 gebore in Danzig-Oliva as die vierde van sewe kinders van die egpaar August en Margarethe Gröning. Sy ouers het vroeg reeds die buitengewone aan hulle seun opgemerk. Diere wat gewoonlik sku is soos hase en bokkies het byvoorbeeld spontaan na hom gekom om gestreel te word sonder enige vrees.
Hoe ouer Bruno Gröning geword het hoe vreemder het sy omgewing vir hom geword. Gröning het vertel dat hy baie keer tuis pimpel en pers geslaan is. Die slae, het hy vertel, het nie sy liggaam seergemaak nie maar hy het misverstaan gevoel.
Deur die harteloosheid van sy omgewing verstoot, het die klein Bruno na die natuur gevlug. Hy was meer aangetrokke tot diere, bome en plante as tot baie mense. Dikwels verdwyn hy urelank in die nabygeleë bos.
"Hier het ek God ondervind, in elke plant, in elke boom, in elke dier, ja selfs in die klippe. Ek kon orals urelank staan en peins - daar was eintlik geen begrip van tyd nie - en steeds was dit vir my asof my hele innerlike lewe tot in die oneindigheid gestrek het."
Aan die wilde bakleiery van sy ouderdoms groep neem hy nie deel nie. So is hy dikwels die voorwerp van kwaadwillige spot en word weens sy andersheid geslaan en bestraf.
Gewilde genesings by mens en dier
Mettertyd het daardie aspek van die wesevan Bruno Gröning herkenbaar geword wat hom later in die openbare kollig sou bring: in sy teenwoordigheid word mense en diere gesond. Veral tydens die eerste wêreldoorlog besoek hy dikwels die veldhospitale waar hy welkom was. Die gewondes voel in sy aanwesigheid goed en vele genees. Siekes laat ook sy moeder roep om met die klein Bruno na hulle toe te kom. In die familie en vriendekring is die genesende werk van die seuntjie baie welkom.
Strewe na selfstandigheid
Bruno Gröning skryf in sy lewensverhaal: "Reeds as jong kind is siek mense in my teenwoordigheid van hulle klagtes bevry, en kinders sowel as volwassenes het by opgewondenheid of rusie deur enkele woorde van my weer rustig geword. Ek het ook as kind tot die gevolgtrekking gekom dat diere wat gewoonlik as sku of kwaai beskou is teenoor my kalm en mak opgetree het. My verhouding met my ouerhuis was daarenteen vreemd en gespanne. Spoedig streef ek na volle selfstandigheid om uit die omgewing van misverstand van my familie weg te kom."
Bruno Gröning (1906-1959)
'n Buitengewone mens in maatskaplike geskil
In 1949 het die naam van Bruno Gröning oornag wydbekend geword in Duitsland. Berigte het verskyn in die pers, op radio en op nuusfilms. Maande lank het die gebeure rondom die "wonderdoktor" soos hy spoedig bekend sou word, die hele land in rep en roer. 'n Film is oor hom gemaak, wetenskaplike ondersoekkomissies het bymekaargekom en regeringgesag op die hoogste vlak het by die geval Bruno Gröning betrokke geraak. Die welsynsminister van Noordryn-Wesfale het hom laat vervolg weens oortredings van die wet op alternatiewe genesers, terwyl die eerste minister van Beiere daarteenoor verklaar het dat so'n besondere verskynsel nie veroordeel moet word weens 'n paar paragrawe op papier nie. Die Beierse ministerie van binnelandse sake het Gröning se werking beskryf as 'n "kostelose liefdestaak."
Op alle vlakke van die samelewing is daar heftig oor die geval Bruno Gröning gediskuteer. Emosies het hoog geloop. Geestelikes, dokters, joernaliste, regslui, politici en sielkundiges: almal het Bruno Gröning bespreek. Vir party was sy wondergenesings 'n genade van bo, vir ander weer kwaksalwery. Dog die feit van sy genesings is deur mediese ondersoeke bevestig.
Wêreldwye belangstelling in ’n eenvoudige arbeider
Bruno Gröning was 'n eenvoudige arbeider wat in 1906 in Danzig gebore is en na die oorlog as vlugteling na Wes-Duitsland geëmigreer het. Hy het verskeie betrekkings gehad, o.a. skrynwerker, fabrieks- en hawe-arbeider. Skielik was hy die middelpunt van openbare belangstelling. Die nuus van sy wondergenesings het oor die hele wêreld versprei. Siek mense sowel as bedelbriewe en aanbiedings het van oraloor ingestroom. Tienduisende soekers na genesing het pelgrimstogte na sy genesingsoorde aangepak. 'n Ommekeer in die geneeskunde was op hande.
Ingeperk deur verbod, hofsake en winsgierige medewerkers
Daar was egter ook teenkanting. Alles is gedoen om hom te kortwiek. Hy is verbied om genesings te doen en hofsake is aanhangig gemaak. Alle pogings om sy werk in die bestaande sosiale struktuur op te neem, het skipbreuk gely. Enersyds was daar weerstand van die outoriteite, andersyds onvermoë of gierigheid van sy medewerkers. Met sy dood in Parys in 1959 was die laaste hofsaak nog in volle swang. Die verrigtinge is gestaak en 'n finale uitspraak is nooit gelewer nie. Vele vrae bly egter onbeantwoord.