Zeitzeugen

Eerstehandse getuie E. Süffert

Genesing van asma in München

Bruno Gröning heilt in München'n Buurvrou het my met mnr Gröning in München in verbinding gebring. Sy het geweet dat ek toe al 14 jaar lank swaar aan asma gely het en daardeur dikwels my moed om te lewe verloor het.

Ek is vriendelik ontvang. Bruno Gröning het agter 'n lessenaar gesit met my daarvoor, bene en arms nie gekruis nie. Bruno Gröning het my gevra om rustig en diep asem te haal. Dit het ons altwee gedoen, wat ek komies en lagwekkend gevind het. In - uit, in - uit. Toe kry ek 'n warm gevoel in my bene. Mnr Gröning begin te praat van 'n operasie wat ek gehad het en waar alles goed genees het. Ek het vooraf geen woord daarvan gerep nie. Hy verduidelik dat hy dit aan homself kon voel en daardeur kennis daarvan verkry het. Hy het geweet van my vorige aansteeklike geelsug, dat ek snags dikwels moes opstaan om water te laat en dikwels dae lank geen stoelgang kon hê nie. Bruno Gröning het eenvoudig alles geweet. Toe was ek nie meer lus om te lag nie. Hy vra my om aan te hou met die asemhaling. Toe kry ek 'n erge aanval en die gevoel asof 'n rotsblok op my lê. Mnr Gröning het net so hard asemgehaal as ek. Skielik, kort voor ek sou stik, kry ek die gevoel asof daar deur my hele liggaam van die kop tot in my maag energie stroom. Daarna kon ek weer goed en vry asemhaal. Daardie nag het ek so rustig geslaap dat my man my wakkergemaak het om te sien of ek nog leef. Vroeër het ek meer regop gesit in die bed as wat ek gelê het. Ek het myself hoor fluit soos 'n trein wat die stasie van München binnekom.

By die ontmoeting het ek Bruno Gröning baie ingetoë gevind. Ek het 'n geestelike verbinding tussen hom en my ervaar. Bruno Gröning het my drie silwerpapier blaadjies gee wat ek op my bors en maag moes sit. Hy het gesê dat ek dan weer goed sou kon asemhaal. Dit het ook gedoen. Sedertdien het ek nooit weer 'n aanval gekry nie.

Meningen over Bruno Gröning

Prominente persoonlijkheden bepalen hun standpunt ten aanzien van Bruno Gröning

Foto von Helmut KindlerHelmut Kindler

„Gröning is een eenmalige verschijning, bij geen psychotherapeutische, psychologische school onder te brengen. Ik denk dat hij een diep religieus mens was. Een bescheiden, geloofwaardige, goedaardige, hulpvaardige man.“

Helmut Kindler, uitgever
(http://de.wikipedia.org/wiki/Helmut_Kindler)

Foto von Anny Ebner von Eschenbach
Anny barones Ebner von Eschenbach (re.)

„Vanuit het meebeleven en het diepe inzicht in de leer van Bruno Gröning, de daaruit resulterende genezingen en zijn kennis vol wijsheid, zijn eenvoudige en godsvruchtige aard, zijn kracht en zekerheid uitstralende persoonlijkheid, veroorlooft dit mij een oordeel uit te spreken: Zo klein van postuur hij ook is, zo machtig groot is hij, omdat hij zijn gehele wil en unieke kunnen en kennis voor het welzijn van de mensheid geeft.“

Anny barones Ebner von Eschenbach

Foto von Bischof Dr. Hermann Kunst
Bischof Dr. Hermann Kunst (re.)

„Het bleek dat de heer Gröning niemand die bij hem kwam onderzocht. Mij is geen geval bekend geworden, waarin Gröning een patient lichamelijk heeft aangeraakt. Nooit is mij bekend geworden, dat hij een zieke probeerde over te halen af te zien van de hulp van de specialist. Hij schreef ook geen medicijnen voor (...). Mij is geen geval bekend geworden waarbij de heer Gröning van een door hem behandeld mens geld verlangd heeft (...). Ik heb hem niet voor een charlatan gehouden. Niet in twijfel te trekken was voor mij, dat van hem krachten uitgingen die genezing bij de mens bewerkstelligden.“

Bisschop dr. Hermann Kunst  uit Herford, 1949
(http://de.wikipedia.org/wiki/Hermann_Kunst)

Foto von Josef Hohmann
Josef Hohmann (re.)

„Gröning is een buitengewoon fenomeen, wetenschappelijk niet te bevatten. Hij kan worden vergeleken met Socrates, Jeanne d’Arc, Gandhi en Albert Schweitzer, omdat ook hij zich geheel voor het welzijn van de gemeenschap opoffert. Zijn wonderbaarlijke successen zijn zo uniek, dat hij reeds uitgegroeid is tot een historische persoonlijkheid. Komende generaties zullen zich met hem en zijn werk bezighouden.“

Josef Hohmann, directeur van een middelbare school, historicus en grenswetenschapper 1957

Foto von Hella Emrich
Hella Emrich (li.)

„Als Bruno door bepaalde kringen volledig miskend en verloochend werd, dan niet in de laatste plaats omdat hij aan zijn tijdgenoten te eenzijdig als wondergenezer werd afgeschilderd. Zijn eerlijk gemeende liefde voor de mens werd al te duidelijk naar buiten toe zichtbaar, ja, versluierde zijn eigenlijke, zeer veelzijdige aard: de boodschapper en verkondiger. De kern van zijn levensinhoud en zijn streven was slechts aan weinigen, zeer weinigen bekend.“

Hella Emrich, arts

 

„Het fenomeen Gröning heeft mij als arts dermate geïnteresseerd, dat ik sinds vele weken vaak dag en nacht aan de zijde van Gröning heb doorgebracht. Gröning geeft ons artsen raadsels op. Ten eerste kan hij zieken met de ernstigste kwalen, waaronder zelfs blindheid – ik heb het zelf meebeleefd – door persoonlijk contact en de diepste concentratie in korte tijd genezen of hen toch tenminste verlichting geven. Ten tweede kan Gröning door de hem zo genoemde genezing op afstand dezelfde resultaten bereiken, namelijk volledige genezing of aanzienlijke verbetering. Ook heb ik genezingen op afstand meebeleefd. Wij artsen kunnen en moeten zeer veel van Gröning leren want het is bij honderden gevallen overtuigend bewezen dat de kleine Gröning daar geholpen heeft en geheel en al genezen heeft, waar de wetenschap en het kunnen van de artsen al faalden.“

Dr. Zetti, arts

 

„Het kan door niemand worden ontkend, dat Bruno Gröning al veel zieken heeft genezen, die tot dan toe als ongeneeslijk golden. De reguliere kennis haast zich te verklaren dat dit niets buitengewoons is, voorzover het om ziekten gaat die een psychische oorzaak hebben. Waarom echter de reguliere geneeskunde tot nu toe zo weinig succes heeft met deze behandelmethode, wordt niet gezegd. Of zijn deze gevallen zo sporadisch dat men er liever helemaal over zwijgt? De ‘nieuwe geneesmethode’ in Herford is in elk geval de ophef waard die men ervan maakt.“

Dr. A. Kaul, filosoof

Eerstehandse getuie barones Anni Ebner von Eschenbach

"Asof die dokter eers weer ten volle gewoond moes raak aan sy gesonde vrou"

Bruno Gröning umringt von MenschenIn die jare 1950/51 het Bruno Gröning vir ’n tyd lank voordragte gehou in die gastehuis Weikersheim in Gräfelfing. Barones Anni Ebner von Eschenbach het hierdie voordragte bygewoon en verskillende gebeure skriftelik opgeteken. Hier is ’n voorbeeld:

"Eenkeer word ’n jong vrou met wasbleek gesig in ’n rolstoel binnegebring. Tydens die voordrag verloor sy haar bewussyn en dit lyk asof sy dood is. Bruno Gröning het haar net kortliks aangekyk en die aanwesiges wat ietwat bekommerd geraak het gerusgestel, in die besonder haar man aan haar sy.

Na net ’n halfuur word sy wakker, rek haar uit, het rooi wange gehad en staan op uit die rolstoel en gaan na Gröning toe, nog effens onseker maar met ’n stralende, verbaasde uitdrukking in haar oë.

'Mooi, goeie vrou, as mens weer so op eie bene kan staan en die hart weer normaal klop! Moet egter nie nou dadelik die verlore jare probeer inhaal nie – laat die liggaam stadigaan weer sy pligte hervat.'

Toe die vrou wou bedank, sê Gröning: 'Dank God! Ek is net sy klein helper. Bewys jy nou dat jy ’n ware kind van God is!'

Die man wat haar ingegebring het staan toe op en praat met bewoë stem: 'mnr. Gröning, ek is haar eggenoot en self ’n dokter. Vir my was my vrou ongeneesbaar, alhoewel ek alles probeer het. Sy het net die een wens gehad, om na u te kom. Ek was oortuig dat sy nog op die reis hierheen sou doodgaan want sy het so aan haar hart gely dat elke beweging lewensgevaarlik was. Ek is verbysterd oor hierdie wonder en kan dit skaars glo!'

Huilend van vreugde stoot hy die leë rolstoel uit en gaan sit saam met sy vrou op stoele en luister na die twee-uur lange voordrag. Dikwels kyk hy tersyde na sy vrou asof hy eers moes gewoondraak aan die voorkoms van sy gesonde gelukkige vrou."

Eerstehandse getuie G. Clausen

Bevryding van jare lange beenpyn

Bruno Gröning auf dem SofaIn die vyftiger jare het ek in die omgewing van die lugmagbasis Uetersen gewoon. Op'n dag loop Bruno Gröning by ons venster verby en die kinders maak my op hom attent. Ons het van mnr Gröning geweet uit die koerant. Op die oomblik toe ons mnr Gröning by die venster sien, het ek gedink: 'Waar gaan hy heen?' Toe ek sien dat hy op pad was na my buurvrou, gaan ek agterom en klop aan die deur. Ek verneem toe dat my buurvrou Bruno Gröning se suster was. Ek word na die kombuis gebring en kon teenoor Bruno Gröning aan tafel gaan sit. Tussen ons, aan die breë kant van die tafel neem sy suster plaas. Bruno Gröning vra my om heel ontspanne te sit sonder om arms of bene te kruis en op te let wat ek voel. Hy sê: 'Neem soveel stroom op as wat u kan!' Toe voel ek tot my verbasing - hy het immers 'n hele entjie van my gesit - in my hande so'n lugstroom asof iemand daarop blaas. Dit kan ek bevestig. Onverwags voel sy suster toe skielik pyn in haar been en roep "Eina, eina, eina!"

Ek het gedink: "Dis tog my pyn wat my altyd so pla." Ek het vir jare die gevoel gehad asof my been nie aan my behoort het nie, asof dit net aangeplak was. Ook doktershulp kon my nie van hierdie toestand bevry nie.

Toe roep ek hardop uit: "Dis tog my pyn, sulkepyn het ek altyd!" Daarop sê Bruno Gröning net een woord: "Gehad!" Op daardie oomblik het die pyn van sy suster verdwyn en my been het weer volkome normaal gevoel. Ek was vry, het geen pyn meer gehad nie, my been het weer aan my behoort en sedertdien het ek nie meer mank geloop nie. Ek was nou gesond en dit het so gebly.

Bruno Gröning het geen geld gevra nie, juis die teendeel, hy gee my toe nog 'n stukkie silwerpapier waarop geskryf staan: "God seën u op al u weë!" Die besoek het 'n halfuur geduur en daarna is ek heel gesond terug na my eie huis.

Eerstehandse getuie Gottfried Kalz

"Die nuus 'sy kan weer loop!' het soos ’n veldbrand versprei"

Bruno Gröning mit KrankerDie moeder van my kollega was reeds 25 jaar aan 'n rolstoel gekluister. Toe die gesprek op Bruno Gröning kom, sê ek: "Probeer dit 'n slag, laat die man kom." As ek reg onthou was dit in 1956. Hulle maak toe kontak met Bruno Gröning op en hy maak 'n oggendafspraak.

Toe Bruno Gröning daar was, het etlike kennisse van die familie W. uit nuuskierigheid ook opgedaag. Die ou mev W. is uit die bed opgetel en in die rolstoel gesit teenoor Bruno Gröning in die woonkamer. Niemand anders mog in die kamer bly nie, almal moes uitgaan.

Net die ou mev W. en mnr Gröning bly agter. Gespanne luister ons buite die woonkamerdeur of ons iets kon hoor. Skielik hoor ons hard en duidelik die woorde van Bruno Gröning: "Staan op en loop..." Ek kan onder eed sweer dat die ou dame voorheen nie 'n enkele tree kon loop nie! Toe ons hierdie woorde hoor, kon ons dit nie meer hou nie. Ons ruk die deur oop en sien dat ou mev W. nou kan loop. Die vrou van my kollega wou behulpsaam haar hand vashou maar Bruno Gröning sê dat mev W. nou alleen kan loop. Sy het werklik opgestaan en sonder hulp alleen geloop! Ons het almal trane in die oë gehad en kon dit skaars glo maar ons het dit beleef en met ons eie oë gesien!

Bruno Gröning het die ou mev W. nòg gehipnotiseer nòg aangeraak, niks nie. Hy het slegs vas in haar oë gekyk en gesê: "Staan op en loop..." en siedaar, sy het geloop.

Ek het destyds gedink: 'Bestaan daar wel 'n God?' Daar was nie 'n enkele mens in die vertrek wat nie van blydskap gehuil het nie. Dit was eenvoudig 'n aangrypende gebeurtenis. Verder sê Bruno Gröning: "U kan nou loop."

Mev W. was die onderwerp van die dag in die buurt. Dit was 'n sensasie. Die verhaal het soos 'n veldbrand versprei: 'Sy kan loop!'. Binne 'n kort tyd het ongeveer 200 mense gekom om te sien hoe mev W. loop. Sy het op en af in die straat gestap en vir die mense gewys.

Vir sy koms het Bruno Gröning geen geld gevra nie. Ek kan net goeie dinge oor hom vertel, hy het 'n heel besondere uitstraling gehad. Die genesing van mev W. was blywend.

Eerstehandse getuie mev Hinz

Oorlogsgestremde spring oor die heining

Menschenmenge am TraberhofVan 'n bekende het ek van die werk van Bruno Gröning by die Traberhof gehoor. Daarop gaan ek toe ook vir twee dae soontoe. By my aankoms was daar ten minste tien- tot twintigduisend mense aanwesig en Bruno Gröning was nog nêrens te sien nie. Ons het ure lank op hom gewag.

Toe kom hy op die balkon uit en spreek die mense toe. Ek het 'n elektriese stroom, 'n vibrering en en krieweling in my hele liggaam gevoel. Ook ander mense het beweeg en hulle ledemate reguit uitgestrek. Ek sou so iets nooit geglo het as ek dit nie self beleef het nie. Enkele aanwesiges het begin skree: "Ek het nie meer 'n kierie nodig nie!" of: "Ek kan weer loop!"

Ons het dig opmekaar gestaan maar ek het nogtans deur die mensemassa geloop omdat ek baie geïnteresseerd was in wat daar gebeur het.

Rooikruis werkers help 'n man om regop te kom want hy lê op primitiewe hout plank. Hulpsoekend lig hy sy arms terwyl hy in sweet uitslaan. Op my vraag wat hom makeer, antwoord hy : "Ek is 'n oorlogsgestremde." Later staan hierdie man heeltemal op van sy lêplek.

Dan sien ek 'n huilende oupa wat met sy agtjarige kleinkind daar was. Die kind kon nie loop nie. Van eenvoudige plankies het hulle 'n karretjie aanmekaar getimmer om die kind na die Traberhof en na Bruno Gröning tebring. Die ou man vertel my in trane dat sy kleinkind nou weer kan loop.

'n Ander man spring oor die heining en ek sê vir hom: "jy is nou op die verkeerde plek!" Daarop antwoord hy: "Sondag was ek nog verlam en het met krukke oor die weg gekom." Vyf dae later spring dieselfde man oor heinings. Hy straal 'n groot geluksaligheid uit en wys my sy oorlog­ongeskiktheidsbewys.

Ter plaatse ontmoet ek ook 'n ou man. Hy het in 'n rolstoel gesit. Hy het sy genesing verloor. Mense het beweer dat die genesings nie blywend sou wees nie en dat Gröning 'n kwaksalwer was. Hierdie woorde het hy geglo.

Die mense was dag en nag daar. Die hele tyd wat ek by die Traberhof was, het ek nooit honger geword nie. Die mensemenigte was nie histeries nie, almal het geglo en gehoop om gesond te word. Toe ek hierdie mense daar op die planke sien lê of op krukke sien steun, was ek innerlik so ontroerd dat ek nie kon praat nie en dit nouliks kon aanskou.

Ek glo dat Bruno Gröning 'n besondere Godsverbondenheid gehad het. Ek was spyt dat ek hom nie meer dikwels kon ontmoet nie en dink nou nog dikwels aan wat ek destyds meegemaak het.

Eerstehandse getuie berig

Genesing van hardlywigheid en embolisme – "Die gebeure was dié storie van die dorp"

Bruno Gröning mit RollstuhlfahrerTerwyl hulpsoekers by die Wilhelmsplatz op Bruno Gröning gewag het, het gebeurtenisse elders plaasgevind soos die volgende:

Die dokters het die moeder van ons eerstehandse getuie opgegee. Ses weke lank was daar geen stoelgang nie. Alle mediese inspannings soos enemas, lakseermiddels ens. was sonder sukses. Daarby was daar ook 'n embolisme.

Eerstehandse getuie: "Ons, d.w.s. almal in die familie was raadop. Ons het na elke strooihalm gegryp om tog hulp en genesing vir ons moeder te kry. Onder hierdie omstandighede kom ons toe te hore dat Bruno Gröning hier in Herford in Wittekindstraat by 'n ernstig sieke was. Ek was dadelik op pad. Daar was al ongeveer 20 ander mense teenwoordig wat ook almal hulp gesoek het. Toe ek hom groet sê Bruno Gröning aan my: "Gaan in die kombuis, vanaand gaan ek saam na u moeder." Hoe hy geweet het dat ek namens my moeder gekom het, weet ek nie. Ek het hom niks vertel nie.

Terwyl ek in die kombuis gewag het, het die volgende gebeur: Intussen kom 'n moeder met haar kind. Die kind ('n meisietjie) het erg kinkhoes gehad. Ons het die verskriklike gehoes al van ver af gehoor. Die kind is saam met haar moeder by ons in die kombuis gebring. Bruno Gröning streel die kind liefdevol oor die hare. Terwyl hy hom na die moeder wend, sê hy: 'Let op u kind wantbinne 'n kwartier sal sy geel slym opbring.' Daarop verlaat hy weer die kombuis om na ander om te sien. Skielik begin die kind te stik. Ek kon haar nog net betyds gryp en bo die steenkoolkas hou waar sy begin opgooi het. So'n braking het ek my lewe nog nooit gesien nie. Later sê Bruno Gröning vir die moeder "Die kind is gesond..." Hulle het weggegaan en die meisietjie het nie meer gehoes nie.

Om middernag het ons toe vertrek na my moeder in Bielefeld. Tydens die reis sê Bruno Gröning dat ek nie bekommerd moes wees nie want die genesende krag kom van God. Die mens moet in die goeie glo. Verder deel hy my mee dat hy nou reeds tydens die rit besig was met my moeder, ja geestelik sy aandag op haar gevestig het.

Toe ons in my moeder se slaapkamer kom, gaan Bruno Gröning by haar op die bed sit. Tot my groot vreugde sien ek dat haar oë al wesenlik helder was. Haar buik was egter nog opgeswel soos 'n vaatjie. Bruno Gröning praat toe met haar en ek sien hoe die lewensvreugde weer na my moeder terugkeer. Haar hart het oopgestaan vir Bruno Gröning, sy het in hom geglo. Bruno Gröning vra toe om 'n glas water vir my moeder en sê dat dit haar sou goeddoen. Ek gaan haal vars water by die kraan op die erf en my moeder drink dit. Hom tot my vader wendend sê Bruno Gröning: "Let op die stoelgang en urine van u vrou. U sal verbaas wees hoe alles loskom en wat daar alles sal uitkom." My vader vra toe wat hy hom skuld. Bruno Gröning sê egter slegs: "Ons moet God die Heer bedank en in die vorm van 'n dankskrywe vertel wat ons beleef het."

Die volgende dag begin die gerommel toe in my moeder se buik. Vader het gesê dat sy wel sewe bakke vol kon kwytgeraak het. Twee later staan my moeder op, volkome genees. Daarna is haar spatare en bloedvinte aan die bene ook sonder mediese toedoen genees. Die dokter onder wie se behandeling sy was, was sprakeloos. Die gebeurtenis was dié storie van die dorp.

Toe ek in Bruno Gröning se oë kyk, het ek geweet: Daar staan 'n gelowige! Hy het 'n unieke uitstraling gehad. As iemand van te vore so'n ervaring aan my sou vertel het, sou ek gedink het: 'Kom nou, hy droom!' 'n Mens moet soiets eers self beleef voor jy dit glo. Hierdie gebeurtenis was vir my 'n belewenis enig van sy soort."

Eerstehandse getuie L. Schlüter

Genesing van doofheid, blindheid, verlamming in Herford – Gröning se uitstraling sê meer as ’n duisend woorde

01-Menschen-am-Wilhelmsplatz7Herford in Wesfale was die plek waar die werk van Bruno Gröning in alle erns begin het. Ook die pers het daarvan notisie geneem en 'n verslag uitgebring. Hulpsoekers het in hulle duisende van heinde en verre hier opgedaag om genesing te ontvang. Tussen die baie mense was daar mev Schlüter met haar blinde skoonmoeder wat liggaamlik baie verswak was en voortdurend hulp nodig gehad het soos met aantrek, daaglikse versorging ens.

Mev. Schlüter vertel die volgende: "Ek het deur 'n tydskrif verneem van die baie genesings. Onder andere was daar ook foto's van die gebeure in Herford. Ek het vir myself gesê dat ek daarnatoe moes gaan met my skoonmoeder!

Dig opmekaar soos sardientjies in 'n blik het ons daar gestaan tussen die menigtes voor die huis op Wilhelmsplatz nr. 7. Regs van ons was omtrent 30 mense in rolstoele. Ons het almal gewag en gewag. Niemand het gepraat nie. Almal was vol spanning en het opgekyk na die balkon waar Bruno Gröning sou verskyn. Dit was al heel laat in die aand. Toe kom iemand op die balkon uit om ons te vertroos. Hy sê dat Bruno Gröning nog by ander hulpsoekers was. 'Wees geduldig! Bruno Gröning kom beslis!' So het ons drie dae en nagte uitgehou.

En toe was Bruno Gröning skielik daar. Almal was verheug. Bruno Gröning sê dat ons almal hulp en genesing soek en dat God die grootste dokter van alle mense is. Toe moedig hy die verlamdes in die rolstoele aan om op te staan. "Julle kan loop, staan op!" Niemand wou dit doen nie. Op nuut moedig hy die verlamdes aan om vertroue in God te hê en op te staan. "Glo tog dat julle kan, staan op!" Toe staan een na die ander op uit hulle rolstoele. Hulle kon loop! Niemand kon dit begryp nie. Almal was sprakeloos. Die mense het gehuil by hierdie gesig.

Toe sê Bruno Gröning: "Ek vra die blindes en doofstommes om na die ingang van die huis te kom." Toe gaan ek soontoe met my skoonmoeder, waar hy ondermeer ook met haar gepraat het. Daar by die ingang van die huis neem Bruno Gröning ook 'n ongeveer twee jaar oue doofstom kindjie van sy moeder se arm. Mnr Gröning streel die kind en praat met hom. Later hou hy 'n stemvurk by die kind se oor. Daarop draai die kind sy kop. Dit was nou duidelik dat die kind kon hoor. 'nAnder kind word siende. Dit was die aangryplikste tonele wat ek ooit in my lewe gesien het.

Later gaan ons toe weer huistoe. My skoonmoeder het soveel sig herwin dat sy vry en alleen in die huis kon rondbeweeg. Haar algemene toestand het ook soveel beter geword dat sy geen hulp meer nodig gehad om aan te trek nie en die daaglikse versorging ook nie meer nodig gehad het nie.

Bruno Gröning was beskeie en eenvoudig aangetrek soos enigiemand anders. Tog het hy liefde uitgestraal soos geen ander nie. 'n Mens kon hom onmiddellik vertrou. Sy uitstraling het eenvoudig meer gesê as 'n duisend woorde."

Eerstehandse getuie H. Steurer

Bruno Gröning help ’n oorlogsgestremde

Bruno Gröning am ZugfensterBruno Gröning was dikwels onderweg met die trein na hulpsoekers, toe daar op een van die reise die volgende gebeur:

H. Steurer: "Die trein waarin Bruno Gröning was, het die stasie van Innsbruck binnegekom. Dit sou vir 'n kort rukkie daar stop. Bruno Gröning skuif die venster van sy kompartement af en kyk na buite. Op dieselfde tyd was ek besig om te wag op dieselfde perron. Ek het erg pyn gehad.

Ek het in 'n koerantartikel gelees van Bruno Gröning en sy werk op die lydende mensheid. Teenoor my het die sneltrein gestaan waaruit Bruno Gröning gekyk het. Toe gaan ek na hom en vra hom om my te help want ek het soveel pyn gehad. Bruno Gröning gaan terug die koepee binne en oorhandig aan my deur die venster 'n balletjie van silwerpapier. Hy sê toe ek moet die balletjie op die pynlike plek plaas en bid. Daarna het die trein weer in beweging gekom.

Die pyn was as gevolg van 'n mynontploffing en die beserings wat deur die skerwe veroorsaak is. Sedertdien was ek sonder 'n regteroog en een arm. Ek het die advies van Bruno Gröning onmiddellik gevolg en die balletjie daarop geplaas. In 'n kort tydjie was die pyn weg en het nooit weer teruggekom nie. Direk vanaf die eerste moment het mnr Gröning op my 'n besondere en groot indruk gemaak. Ek het die gevoel gehad dat hy iemand was wat werklik kon help. Hy het ook geen geld vir die balletjie gevra nie maar my eenvoudig onbaatsugtig gehelp."

Dokumentarfilm

Documentaire:
"Het fenomeen
Bruno Gröning"

Data filmvoorstellingen in vele steden wereldwijd

Grete Häusler-Verlag

Grete Häusler uitgeverij: Een grote keus uit boeken, tijdschriften, CD’s, DVD’s en kalenders

fwd

Wetenschappers aan het woord: Interessante aspecten van de leer van Bruno Gröning